Vader, Wees my genadig.
U is Hy!
Dra dan my!
Want in my eie hande word ek net beskadig.
Wees dan, hierdie sondaar genadig.
En laat my ewig in U Geliefde bly.
Want U is Hy, wat my geformeer het.
U is Hy, wat my dra van my moederskoot af.
U is Hy, wat my red.
Bring dan U heil en geregtigheid naby!
Ja dit is naby!
In ons mond en in ons hart,
bewaar my van sonde en sonde smart.
Reinig my deur die bloed van U Seun onbesmet.
Trek my met U liefdeskoord. En heilig my deur die waterbad van U Woord.
Want U is Hy, U is Hy wat red!