Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

VIR DIE SUSTER IN GELOOF

Posted on December 14, 2022

Vir die suster in geloof,
laat géén seun of géén man jou beroof,
deur jou hand in die eg te beloof,
aan een wat nie Christus erken as Hoof.

Hy mag dalk jou hart vinnig laat klop,
jou laat bloos van toon tot kop.
Jou asem mag hy dalk stop,
en hy mag jou dalk nie laat voel soos ‘n leë dop.
Maar jy moet pasop,
dit gaan uitloop op ‘n flop.

Stoot nie die verbond van die heil’ge eg,
eenkant en laat dit nie weg…
Weet hy wat is die rol van die man?
Of dink hy dit is slegs om jou te bederf oral waar hy kan?

Weet hy dat hy jou moet was?
Nie met seep vanuit ‘n glas.
Maar met die waterbad van God’s Woord,
as sy een en enigste hartsakkoord?

Ken hy die doel,
van die bloed waarmee Christus ons spoel?
Bring hy jou nader,
met ‘n dieper verlange en kennis van ons Vader?

Ken hy die liefde van Christus vir die kerk?
Of is sy liefde wêrelds beperk?
Is hy arm van gees gemerk?
Sien jy die Gees in hom werk?

Laat nie die trou verbond,
aan seun of man met ‘n gladde mond.
Want julle sal mekaar aankleef,
en as eenheid sal jul leef.
Een van hart en sin,
saam die bose oorwin.
Want die beeld van Christus en die kerk,
word in jul doen en late bemerk.

Vir die suster in geloof,
laat géén seun of man jou beroof,
wag vir ‘n man wat Christus erken as Hoof,
‘n godvresende man word jou beloof.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias