Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

VISSERMAN VANGNET

Posted on December 14, 2022

Here elke dag vra ek dat ek U kan beleef,
dat ek in U teenwoordigheid mag streef.
Die antwoord sit al jare voor my oë,
die waarheid oor my lewe maak my bewoë.

Here ons sê soms voel dit of U ver is,
dat U die swaarkry in ons lewe nie uitwis.
Ons hou aan skarrel in die nuttelose lewe,
ons werk ons self oor ‘n mik van sewe tot sewe.

Here ons is nie hier op aarde,
vir enige aardse ding met waarde.
Net soos U, U Seun gestuur het,
Gee Jesus ons Sy visserman vangnet.

Jesus se opdrag aan my en jou,
is om op die fondament van die apostels te bou.
Ons wonder hoekom die Here ver voel.
Dit is omdat ons met wêreldse dinge woel.

Here maak my oë oop,
vir die dinge waarby ek net verby loop.
Here laat my dinge in my alledaagse lewe,
met U oë en hart belewe.

Soos uitgedroogde koring gerwe,
beleef ons ‘n voortdurende sterwe.
Ons sal slegs weer begin vlam vat,
as ons werk in die waterstroom van God se woord bad.

O Heer vergewe
my lou warm lewe.
Here U het aan ‘n kruis gely,
my ou mens is verby,
sodat ek die grootste seëning kon kry.
Om as U dienaar in U koninkryk te arbei.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias