Met jou oë op Hom gerig,
is daar versadiging van vreugde voor Sy aangesig.
Jy sal Hom loof en prys met ‘n lof gedig
en met Sy Gees sal Hy jou binneste verlig.
Hy is Koning en Hy regeer,
vir ewig is Hy in beheer.
Ons wandel deur die geloof,
op wat Hy in Christus vir ons beloof.
Al voel dit of ek in duisternis lewe,
asof die aarde rondom my bewe.
O Sy woord is so soet soos stroop,
saam met Hom is ons begrawe in die doop,
opgewek deur die geloof tot ‘n nuwe hoop,
om Hom te loof en prys, terwyl ek langs Hom loop.
Met jou oë op Hom gerig,
sal jy Hom prys met ‘n lof gedig,
want versadiging van vreugde is voor Sy aangesig.
(Psalm 16, Kol 2:11-12)