Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

WAAR IS JY DAN MY HART ?

Posted on December 14, 2022

My hart is stomp en dood.
My sonde uitermatig groot.
My lippe is vinnig om te praat,
maar my hart word agter gelaat.

Dit is gepas ja meer as gepas,
dit moet ons nie verras,
dat U waardig is om te ontvang,
heerlikheid en eer deur psalm gesang.

Waar is jy dan my siel?
Waar is jy dan my hart?
Moet God kinders verwerk uit klippe?
Dat Hy geprys kan word deur mense lippe?

Waarom is jy stom?
Word wakker my siel!
Word wakker my hart!
En laat julle kom,
verheug julle dan in Hom!

Want die dode kan Hom nie prys,
onder die lewendes moet die lofsang verrys.
Tog is die lewendes dood,
want hulle hart sing oor Hom geen vreugde noot.

Maak bekend die duisternis van die sonde wat jou laat kwyn.
Ontwaak, Ontwaak jy wat slaap,
staan op uit die dode en Christus sal oor jou skyn.
Voor jy jou oë uitvee het die dag van genade verdwyn.

Glo aan Hom wat gedra het helse pyn en smart,
omhul deur die duisternis en swart,
die regverdige oordeel van die Vader gedra vir jou part.
Keer dan terug met jou hele hart.

Dan sal jou hart vreugde vind in Hom,
jy Hom loof en prys totdat Hy weer kom.
Dan maak jy bekend al Sy wonderdade,
van nou af tot in ewigheid Sy genade,
want alle lof en eer en heerlikheid behoort aan ons Gade.
Verheug en sing dan Sy liefdesbelade.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias