As ek stil raak,
alle pretensie staak,
los die lig van die Woord my naak.
My lippe is stil geen woord vir my saak.
Gebroke want ek verruil my Beminde vir vermaak.
‘n Hart van klip die diepte van Sy liefde sien ek nie raak.
So besig met my eie dag se taak,
my Beminde, my beminde, helaas ek het Hom versaak.
Hoe kan ek nie alles staak?
Wat doen ek? Wat doen ek! Sy heerlikheid het ek niks gemaak…