Rom 6:1-11
Wat sal ons dan sê?
Sal ons in die sonde bly lê?
Want die genade word dan meer,
As ons die sonde nie keer.
Nee stellig nie!
Kan ons die sonde afsterwe
en steeds daarin bly lewe?
Is ons nie in Sy dood gedoop?
Sal ons dan nog ons liggaam aan die sonde verkoop?
Is ons nie saam met Hom begrawe?
Nie vir ons eie onthalwe!
Maar deur die heerlikheid van die Vader
opgewek, om saam met Hom te groei al nader.
Ons lewe gaan dit kos,
Ja, gelykvormigheid aan sy thanatos*!
Word ons dan in die dood gelos?
Nee! Selfs gelykvormigheid aan Sy opstanding,
dag na dag verandering!
Aangesien ons dit dan weet:
Die ou mens is gekruisig.
Die liggaam van die sonde tot niet gemaak,
dat ons nie meer die sonde sal dien en vermaak.
Want die wat saam met Hom sterf,
het saam met Hom die nuwe lewe geerf.
Geregverdig van die sonde,
want die dood hou Hom nie gebonde.
Gesterf eens en vir altyd vir die sonde.
Maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.
So moet ons ook onsself vir die sonde dood reken,
Maar lewend wees vir God sal dit beteken.
In Christus Jesus, onse Here,
in diens van God tot ere.
__
*thanatos – (G2288) Griekse woord vir dood (die dood die gevolg as ons sterf of die proses van dood gaan) teenoor *nekros (G3498) wat ook verwys na die dood maar meer na ‘n lyk wat reeds dood is
ROM 6:4 gebruik altwee
Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood *(thanatos) , sodat net soos Christus uit die dode *(nekros) opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.
ROMEINE 6:4 AFR53