Die ewige God is Hy,
Hy maak ons die skape van Sy wei.
Laat ons dan ons in Sy dienswerk verbly.
Tot Sy aangesig nader want daar sal ons vreugde verkry.
Laat ons wat is blote stof,
deur Sy poorte gaan met lof.
In Sy voorhowe Hom besing,
Sy naam seën en lof aan Hom bring.
Want Hy is goed,
tot in ewigheid sal sy goedertieren ons behoed.
Ja, van geslag tot geslag hou sy waarheid stand.
Hierdie ewige goeie God beveel,
uit Sy almag dat geen mens Sy lof mag besteel.
Ja, want Hy alleen is God,
laat ons dan nie met Hom spot,
maar met vrees en gejuig,
oor die ganse aarde van Sy magtige naam getuig.
Want Hy ons HERE alleen is God.