Waar is U aangesig?
Waar is die lig?
Sien U die gewig,
op my hart gerig?
Author: Marno
DOOIE MAN
o wee my,
want hierdie dooie man is ek,
HOE KAN EK ROEP?
Hoe kan ek roep?
Vanuit my hart se stoep?
LAAT MY LEWE GETUIG
Uit die dieptes van my hart,
eens gevul met sonde en smart.
Kan nou jubel en juig,
en niks sal my laat swyg,
Hy is my God, laat my lewe getuig.
HOOR TOG O GOD
Want U is my wil en my rede,
slegs by U vind ek versadiging van vrede.
Hoor tog, o God my smeekgebede,
soos ‘n dienskneg wagtend en benede.
ENIGSTE TROOS
Wat is my enigste troos,
in lewe en in sterwe.
Dit wat ek beërwe.
LAAT MY TREK
Ek trek deur die woestyn met geen meer.
Dit is die enigste manier hoe ek sal leer.
SOEKEND, VERLORE
Selfs my stem keer terug,
stom en donker my oë sonder lig.
Soekend, verlore… Met sere voltrek,
ja van geboorte in gebrek…
GESLOTE DEUR
O Heer dankie dat ons weet,
in al ons aardse pyn en leed
sal U nooit van ons vergeet.
GEBROKE
O ons sondige verlede,
kla ons aan elke dag tot op hede.
O Vader dit breek my hart,
om U kinders te sien in die verlede se smart.
Verward en omring deur die doodskadu nag,
so asof hulle nie meer op uitkoms wag.