Vir die suster in geloof,
laat géén seun of man jou beroof,
wag vir ‘n man wat Christus erken as Hoof,
‘n godvresende man word jou beloof.
Afrikaanse gedigte
DOEN EK WAT EK MOET DOEN?
Laat my stil raak en dink,
more kan die dood my nader wink.
BLOOT LIPPETAAL
Vader, is my lewe bloot lippetaal?
Slegs die geraas van klinkende metaal?
Die gedruis van die luidende simbaal?
En as my lippe my gewete betaal,
is dit die einde van die verhaal?
Bloot lippetaal…
LAAT MY SIDDER EN BEWE
O Vader laat my sidder en bewe,
want my sondes is my vergewe.
Laat my van U lof getuig my hele lewe!
IN U ALLEEN BESADIG
Wees my o sondaar genadig,
mag ek tog bly wees en jubel in U alleen besadig.
GEBORE IN HIERDIE WÊRELD
Ja huisgenote met ‘n nuwe reël,
deur die krag van die Gees verseël.
REVERDIG IN HOM
Wanneer Hy weer in glorie kom,
sal ek verklaar word regverdig in Hom!
GEWOEL…
Gewoel…
…gevoel…
Geswoeg…
…nie genoeg…
EK IS WAT EK IS
Die ware Ek is word nie beperk!
Nee het jy dit bemerk?
Ek is, wat Ek is!
DIE SEUN VAN ONS VADER
Ja die oorwinning van die dood getuig,
die loon van die sonde is aanvaar!