O Vader laat my sidder en bewe,
want my sondes is my vergewe.
Laat my van U lof getuig my hele lewe!
Month: December 2022
IN U ALLEEN BESADIG
Wees my o sondaar genadig,
mag ek tog bly wees en jubel in U alleen besadig.
GEBORE IN HIERDIE WÊRELD
Ja huisgenote met ‘n nuwe reël,
deur die krag van die Gees verseël.
REVERDIG IN HOM
Wanneer Hy weer in glorie kom,
sal ek verklaar word regverdig in Hom!
GEWOEL…
Gewoel…
…gevoel…
Geswoeg…
…nie genoeg…
EK IS WAT EK IS
Die ware Ek is word nie beperk!
Nee het jy dit bemerk?
Ek is, wat Ek is!
DIE SEUN VAN ONS VADER
Ja die oorwinning van die dood getuig,
die loon van die sonde is aanvaar!
WAT SAL ONS DAN SÊ
So moet ons ook onsself vir die sonde dood reken,
Maar lewend wees vir God sal dit beteken.
DIT VERKONDIG ONS VIR EWIG SAAM
My hart sal juig
en my tong getuig:
Heilig, heilig, heilig is Sy naam!
Dit verkondig ons vir ewig saam.
DIE NUWE LEWE IN CHRISTUS
Maak my ‘n nuwe skepping,
o God kom tot my redding.